A picture is worth a 1000 words

A picture is worth a 1000 words

Hoe om 'n KATJIE 'n pilletjie te gee

Friday, October 31, 2008




Ek het ook 'n kat en ek kan met alle eerlikheid se dat ek nie so sukkel om hom 'n pilletjie te gee nie.


Hierdie dingetjie kan jou mos nie 'n dag se moeilikheid gee nie.

Hier volg 'n kort handleiding in 15 stappe hoe om 'n katjie 'n pilletjie te gee.




1. Plaas jou katjie in die buig van jou arm, asof jy 'n klein baba vashou.
Sit jou regter-wysvinger en duiim aan beide kante van sy snoetjie en oefen versigtig druk uit, terwyl jy die pil in die ander hand gereed hou.
Sodra jou katjie sy bekkie oopmaak, gooi die pil in en gee die katjie die geleentheid om dit af te sluk.
2. Soek die pil op die vloer en gaan haal die katjie agter die bank uit.
Plaas die katjie weer in die ronding van jou arm en heraal die proses.
3. Gaan haal die blerrie kat uit die slaapkamer en gooi die nat pil in die asblik.
4. Neem 'n nuwe pil uit die dosie, plaas weer die kat in jou arm, terwyl jy beide voorpote stewig vashou. Forseer sys kake oop en druk die pil binne in sy bek met jou regter-wysvinger. Hou die kat se bek vir ten minste 10 tellings toe.
5. Haal die pil uit die vistenk met die klein netjie en gaan haal die mal kat bo van die kas af. Roep nou jou maat uit die tuin uit om jou te kom help.
6. Kniel op die vloer en dwing die kat tussen jou kniee vas, neem sy pootjies in 'n baie stewige greep, ignoreer die harde gegrom. Laat jou maat die kat se kop ferm vashou en dwing sy bek oop met 'n houtliniaal.
Gooi die pil via die liniaal in sy bek in en vryf jou kat se keel om sy slukproses aan te moedig.
7. Haal die kat van die gordyn-reling af en neem nog n pil uit die dosie uit. Maak 'n aantekening om 'n nuwe liniaal te koop en ook om die gordyne te laat remaak. Vee die stukke glas en keramiek van die beeldjies en potte op sodat jy dit later kan weggooi.
8. Draai die blasended kat in 'n groot handdoek toe en laat jou maat bo-op die kat le of sit, sodat net die kat se kop uitsteek onder jou armholte.
Suig die pil met 'n strooitjie op en forseer die blerrie kat se bek oop. Blaas die pil, deur die strooitjie, in die kat se keel af.
9. Lees die pamflet deur om te sien of die pille skadelik vir mense is en drink 'n koue bier om die smaak uit jou mond uit te kry.
Ontsmet jou maat se arm, sit salf op die wond en draai 'n verband om.
Verwyder die bloedvlekke van die vloer.
10. Gaan haal die kat uit die buurman se garage, neem nog 'n pilletjie uit die boks en drink nog 'n bier. Sit jou kat in die klerekas sodat net sy kop uitsteek. Forseer sy bek oop en skiet die pil met 'n kettie in sy keel af.
11. Gaan haal die skroewedraaier uit die garage en hang die kasdeur terug op sy skaniere. Soek die whiskybottel, neem 'n groot sluk en ontsmet die krapmerke op jou wange. Maak seker of jou tetanusinspuiting nog geldig is.
Gooi jou stukkende trui in die asblik en gaan trek 'n ou overall aan.
12. Bel die brandweer om die Satan-helskat uit die boom te kom haal. Vra die buurman om verskoning vir jou taalgebruik en neem die laaste pil uit die dosie.
13. "Tape" beide voorvoete van die tierkat aan mekaar vas met duct tape.
Bind hom stewig aan die poot van die eetkamer-tafel vas met 'n stuk ankertou.
Trek jou welding gloves aan, druk die pil in 'n stukkie vleis en gooi 'n groot glas vol water. Hou die klein wetter se kop agteroor, gooi die vleis in, gevolg deur die hele glas water, hou sy bek toe vir 5 minute.
14. Neem die bottel whisky en drink hom leeg. Vra jou maat om jou so gou moontlik by die ongevalle afdeling te kry, want jy word al lighoofdig van die bloedverlies. Laat hulle die snye aan jou vingers en voor-arm toewerk en dan die laaste pil uit jou oog verwyder. Bel onderweg die Hyperama om 'n nuwe eetkamer tafel te bestel.
15. Bel ook die DBV om te reel dat hulle die, teen hierdie tyd beseerde, satanskind van 'n helkat kom haal en stop by die petshop om te vra of hulle nie dalk klein hamsters het nie.
Hoe om 'n HOND 'n pil te gee
Draai dit in 'n stukkie ham toe.
Shame die arm kat. Gelukkig het ek nog nie eens probeer om vir Zorro pille te gee nie...

Pizza Box



2 weeks ago I went to a class taught by Stepanie Ackermann from the US. The goodies we got for her class came in a pizza box. After the class I thought that I will be able to scrap the pizza box - which I did.




A friend of mine had her babyshower this past weekend. Instead of buying normal baby stuff, I bought her some very nice scrapbooking paper, rub-ons and embellishments. I then decided to scrap the pizza box and place the paper inside, and in the end it turned out really nice. I was really impressed with what I did.


This was my very first attempt at scrapbooking out the box on my own. No one was there to tell me what to do and to make any suggestions.













I also made my very first card for the babyshower. This I think is rather strange since I have been scrapbooking for years, but just never made any cards. But honestly, I prefer the scrapbooking to cardmaking...
I have some more ideas to use the pizza box as a calendar, but will see how it goes.
Happy scrapping for now.




 
Support : Creating Website | Johny Template | Mas Template
Copyright © 2011. Jeaunes - All Rights Reserved
Template Created by Creating Website Inspired by Sportapolis Shape5.com
Proudly powered by Blogger